101 SLAAIE

Page 2

1. AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE: 1 pak gemengde slaaiblare 8 repe swoerdlose streepspek 1 groot, ryp avokado 125 ml Franse slaaisous

6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe 4 snye witbrood sonder korsies 125 ml pekanneute, grof gekap

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

2. BEETSLAAI MET JOGURT: 300-400 g rou jong beet 250 ml dik jogurt 45 ml mayoinnaise

2 appels sap van 1 suurlemoen 10 ml stingeluie, gekap.

Skil die beet en rasper, asook die appels. Meng jogurt, suurlemoensap en mayonnaise saam. Meng appel en beet met jogurtmengsel en besprinkel met stingeluie. SLAAISOUS : 200 ml mayonnaise 100 ml roguefortkaas, gerasper 10 ml gekapte stingeluie.

1 knoffelhuisie, gekneus 50 ml joghurt of room

Meng saam en skep oor slaai.

3. BILTONGSLAAI: (Dit lewer 6 porsies) Slaaisous: 60 ml balsem-asyn 1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml Dijon-mosterd sout en varsgemaalde swartpeper

125 ml olyfolie 5 ml suiker of na smaak 1 stingel sprietui, fyngekap

Slaai: 250 g klam, baie dun gekerfde biltong 'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik 2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap

375ml gerasperde cheddarkaas 3 agurkies, gekap 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

Goeie maniere en ‘n sagte woord het al baie moeilike situasies opgelos.

2


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.