101 SLAAIE

Page 12

38. LEMOEN-EN-UIESLAAI: 3 lemoene 2.5ml sout 1ml selderysout 12.5ml asyn

2 uie 1ml swartpeper, vars gemaal 25ml olie 12.5ml gekapte pietersielie

Skil die lemoene af sodat al die membrane verwyder is. Sny dit in skywe. Skil die uie en sny dit in dun skywe. Gooi kookwater op die ui, laat staan vir 1 minuut lank en dreineer. Meng die ui en die lemoen. Sprinkel sout, swartpeper en selderysout oor. Meng die asyn en olie goed. Gooi die slaaisous oor die slaai en meng liggies. Strooi die pietersielie oor.

39. PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD: 100 g sonneblomsaad 50 ml melk 500 ml water vars gemaalde swartpeper na smaak 50 ml gekapte pietersielie 30 ml suurlemoensap 1 kop botterslaai

100 g ansjovis 250 g skulpnoedels 2 ml sout 50 ml gekapte knoffel-stingeluie 4 tamaties, grof gekap 5 ml Engelse mosterdpoeier

Mikrogolf sonneblomsaad soos volg: Plaas saad in keëlvormige bakkie op hand doek papier en mikrogolf 4 minute op hoog. Roer kort-kort. Hou eenkant. Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder). Voeg water by pasta in mengbak en mikro golf 5 minute op hoog. Roer deur. Mikrogolf pasta 'n verdere 2 minute. Laat afkoel. Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies. Meng pasta en al die oor blywende bestanddele behalwe slaai liggies saam in mengbak. Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord. Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op. Sit goed verkoel voor.

40. RATATOUILLE SLAAI: 1 groot ui, gekap 100 ml olyfolie 2 soetrissies 1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap 5 ml droë roosmaryn 5 ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak

2-3 knoffelhuisies, gekap 2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny 500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny 50 ml gekapte pietersielie 5 ml droë tiemie

Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is. Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van 'n oondroosterpan en rooster tot bruin. Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant. Halveer die soetrisies. Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die soetrissies byna swart is. Verwyder die pitte en trek die vel af. Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel. Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.

41. PASTASLAAI MET BIERSOUS: 4 x 250ml gaar elmboogpasta 3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel 225g blik groen ertjies, gedreineer.

410g pynappelstukke, gedreineer 565g lietsjies, gedreineer,ontpit

Biersous 125ml mayonnaise

125ml bier.

Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak. Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele. Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.

You don’t get harmony when everybody sings the same note!

12


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.