Stadsretreat II

Page 1

″

www.nglynnwood.co.za


Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is 'n geleentheid vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig. Wees oop om gelei te word sodat jy die naweek uniek kan inrig om deur God aangeraak te word. Om in enige sportsoort goed te kan doen, moet 'n mens oefen. Wanneer jy dan in die wedstryd kom, is jou spiergeheue so goed ontwikkel om amper alles outomaties te doen sonder om veel daarop te konsentreer. Geestelike oefeninge is oor eeue heen ontwikkel om ons te help sodat ons in die normale verloop van die lewe met 'n blywende spirituele bewussyn kan leef. Ons hoef nie eers spesifiek te konsentreer op die teenwoordigheid van God nie, maar ons leef met die bewussyn van sy teenwoordigheid. Dis amper soos twee mense wat vir mekaar lief is en goed ken, en nie eers woorde nodig het om bewus te wees dat die ander daar is nie. Soos 'n string pĂŞrels deur die string 'n aanmekaar gebind word, is die bewussyn van God by my, die kern van al die momente van ons lewe. Elke moment van die dag is 'n pĂŞrel van vroegoggend af, wanneer ek wakker word, opstaan, was, ontbyt eet, werk toe ry, werk, gesels; regdeur totdat ek my lig afsit en aan die slaap raak, word alles deur die string van God se teenwoordigheid aanmekaar gebind.

Een van die beste oefeninge wat die eeue gebruik is om ons van hierdie wonderlike eenheid te herinner is ons asemhaling! Dit is hoekom ons regdeur die retreat gaan fokus om deur asemhaling die bewussyn van God te oefen. Mag die retreat jou diep verryk! Immanuel van Tonder, immanuel@vantonder.org.za NS Lees ook 2010 se Stadsretreat by www.nglynnwood.co.za by Lewenskuns. 2

Stadsretreat II | NG Lynnwood


Beplan jou Retreat Dit is belangrik dat jy vooraf jou tye vir die naweek beplan. Die Gids werk met 7 geleenthede waar jy gaan oefen. Natuurlik kan jy nog tye inwerk. Vrydag:

Hartsverlange en basiese oefeninge

Saterdagoggend:

Stiltetyd om jou dag te begin

Saterdagoggend:

Metgeselskap oefening: kuierafspraak

Saterdagmiddag:

Ontspanning as ont-spanning

Saterdagaand:

Stilword geleentheid

Sondagoggend:

Oggenddiens waar Pinkster afskop

Sondagmiddag:

Refleksie, danksegging en ″commitment″.

Vrydag: Die Retreat begin! * STOP eers met alles van die week en word rustig waar jou aandag nie afgetrek kan word nie. Geniet net eers die sit. * Hou jou asem op vir 'n rukkie sodat jy kan voel hoe honger jou liggaam word vir suurstof. Haal dan asem en ervaar hoe die suurstof jou liggaam vul. Doen dit net so paar keer... * Verwoord nou jou diepste hartsverlange oor die teenwoordigheid van God soos wat jy sopas fisies beleef het oor jou geestelike asemnood. * Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. - Kol 1:26 & 27 Haal nou rustig asem, met elke inasem herhaal jy ″Christus is in my″ en met die uitasem laat jy gaan (″let go″) wat nodig is om te laat gaan… 3

Stadsretreat II | NG Lynnwood


* Hou aan met die oefening en wees bedag op wat jou aandag telkens weggelei het van die oefening. Verwelkom dit wat jou aandag weggetrek het sonder om daaroor kwaad te wees. Laat dit dan gaan in jou uitaseming… * Praat nou met die Here oor die wonderlike waarheid dat Hy in jou is en oor dit wat jou aandag weggelei het. * Sit nou vir 'n ruk net in die bewussyn van God wat in jou is sonder om op woorde te fokus. Geniet en waardeer net die ″wees″ by God. Opmerking: Jy het pas ervaar hoe asemhaling mens kan help om: i bewus te wees van God se nabyheid, op 'n wyse verby woorde ii bewus te raak van dit wat binne jou gebeur – jouself ontmoet. So bied asemhalingsoefeninge vir jou 'n pad na jou binneste en 'n poort vir God om jou aan te raak. Saterdagoggend Stiltetyd Hoop jy het lekker geslaap en is reg vir 'n dag vol verrassings. Vandag is oop voor jou om jou oefening regdeur die dag toe te pas. * Lees weer die brief aan die begin van die gids. * Sit nou rustig en let op hoe jy asemhaal. Moenie jou asemhaling beïnvloed nie, wees net bewus van hoe jy asemhaal: Diep/vlak? Vinnig/stadig? Harde geluid/sag? Ritmies/a-ritmies? Voel die lug deur jou neus vloei tot in jou longe. * Wat lei jy af oor jou gesondheid nav jou oefening? * Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Gen 2:7 (Lees ook vers 8-9!) Na die opstanding lees ons in Joh 20:22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: ″Ontvang die Gees!″ Lees die gedeeltes 'n paar keer deur en let op die rykdom wat hier opgesluit is. Met elke keer wat jy weer die teks lees of 'n woord oordink sal nuwe perspektiewe na vore kom... 4

Stadsretreat II | NG Lynnwood


* Eindig jou oggendstilte met dié gedig as gebed: Fluit van God 'n Klein, fyn fluit van hout Leeg, hol, van riet, stil, rustend in haar hand. Afwagtend die blaas in dié amorfe vorm, van die Asem van die lied. My veelal leë lewe rus in die hand van God; soos die uitgeholde fluit, verlangend na die melodie wat alleen U blaas kan uit. Die klein fluit van hout en ek, verlang na asem, wagtend op die Een wat die melodie verwerk. Die Een, wie se aanraking te voorskyn bring, wag op my leë, alledaagse gestalte, sodat ons lied-verhongerde aarde gevoed mag word met goue melodieë. Saterdagoggend metgeselskap kuier * Nooi iemand vir 'n kuier (uit jou huwelik, gesin, vriende, kollegas). * Terwyl jy kuier let net op 2 sake: (FOKUS daarop!) i Luister aandagtig na die ander persoon ii Let op jou asemhaling en eenheid met God terwyl jy kuier * Oordink na die tyd wat jy God deur die gesprek hoor sê het. 5

Stadsretreat II | NG Lynnwood


Saterdagmiddag Ont – spanning * Tydens die sport of ontspanning vanmiddag, let op hoe jou asemhaling 'n storie oor jou emosies vertel: Spanning laat mens vlak asem haal, Lag laat jou heeltyd meer en meer lug uitasem, Kwaad laat jou asem ophou, Teleurstelling laat jou sug en lug uitblaas, Moed skep laat mens asem optrek, Moegheid maak jou uit asem. * Oefen as jy dalk vanmiddag kwaad of gespanne is, doen die volgende ontspanningsasemhalingsoefening. (Volgens Dr Adrew Weil van Univ van Arizona wat medici oplei om hulself en hulle pasiënte te laat ontspan). Tel vinnig:

4

tellings inasem -

7

tellings hou lug binne -

8

tellings uit asem.

Hierdie oefening kan jy toepas in verkeer as jy kwaad is, as jy gespanne is, of angstig voel. Dit is oor jare toegepas en medies nagevors. Wanneer jy nog die geestelike faset van God se teenwoordigheid in gedagte hou is hierdie proses 'n besondere instrument! En dis onder jou neus! ☺ TOETS dit! Saterdagaand stilword * Onthou ons fokus vir die naweek is om asemhaling as kanaal te gebruik om meer teenwoordig te wees vir jouself en God. God is hier, maar die vraag is of jy oop en bewus leef van die Teenwoordige. Het jy iets daarvan vandag ervaar? * Asemhaling is 'n baie besondere funksie in die menslike liggaam want dis die enigste funksie van die liggaam wat ons beide bewus en onbewus kan doen. 'n Mens haal outomaties asem maar ons kan dit ook beheer. Hier is 'n besondere geleentheid om met 'n fisiese proses emosionele of kognitiewe terapie te doen. Daar is ook talryke fisiese voordele en potensiaal vir genesing. Die doelwit vir asemhaling is om stadiger, dieper (met jou diafragma), sagter en meer ritmies asem te haal. Sit nou 'n rukkie rustig en probeer iets van bg doelwitte bereik. Ervaar die effek op jou ligggaam en emosies. 6

Stadsretreat II | NG Lynnwood


* Een van die oefeninge wat mens ook kan doen as jy gaan slaap (lê!) is om iets van Gen 2:7 (by vanoggend se stiltetyd) deur jou verbeelding te ervaar. Terwyl jy sit of lê, ervaar jy hoe die lug tydens inaseming deur God in jou ingeblaas word en die uitasem natuurlik uitvloei. Daardeur sal jy 'n dieper rus ervaar maar ook besef dat asemhaling iets heiligs is. Lug en suurstof is ook gawes van God. Vir my persoonlik is hierdie vorm van asemhaling iets baie besonders. Die noue verbintenis met God word op dié manier gevier. * Baie mense sukkel met slaaploosheid, selfs al is dit net vir 'n tydperk. Asemhalingsoefeninge is 'n baie suksesvolle terapie om iets daaraan te doen. Enige van die 4 oefeninge wat ons gedoen het kan help: i Let net op hoe jy asem haal ii Tel 4 in – 7 hou – 8 uit iii Maak jou asemhaling dieper, stadiger, sagter en meer ritmies iv Laat lug in jou geadem word. * Lees Ps 4:7-9 en slaap rustig in God se teenwoordigheid. ″Wees″ net by God. Sondagoggend Erediens Die oggenddiens is die begin van Pinkster. In Pinkstertyd word ons weer herinner daaraan dat die Heilige Gees in ons woon! Ervaar ook in die erediens vanoggend hoe die string van God se teenwoordigheid ook deur die pêrel van die erediens loop. Gebruik 'n asemhalingsoefening om op God se teenwoordigheid te fokus.

Sondagmiddag retreat afsluiting Maak 'n lekker koppie koffie of tee, en gaan sit waar jy lekker kan ontspan en dink. * Volg jou asemhaling. Besef dat God so naby aan jou is soos jou asemhaling. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ″Ons stam ook van Hom af.″ Hand 17:28 Lees die teks 'n paar keer stadig deur en haal bewus-telik asem! 7

Stadsretreat II | NG Lynnwood


* Dink na oor jou naweek. Wat was die effek daarvan dat jy meer bewus van God geleef het? * Skryf 'n gedig of gebed op gemeente se webblad www.nglynnwood.co.za by Bedienings, Lewenskuns of http://www.nglynnwood.co.za/group/lewenskuns of epos dit aan immanuel@vantonder.org.za. Wat sal jy uit die retreat in die week wil indra? Dink prakties. Skryf dit neer. * Eindig jou Retreat met die gebed van Joyce Rupp: Remember the Holy One is with you. Bring to mind His Loving Presence within you and around you: Touch your fingertips to your forehead, saying: Open my mind to remember your presence. Touch your fingertips to your mouth, saying: Open my mouth to speak your wisdom. Touch your fingertips to your heart, saying: Open my heart to extend your love. Hold both hands out, open, palms up, saying: Open my hands to serve you generously. Holding arms wide open, saying: Open my whole being to you. Make a deep bow to God's loving presence in you.

8

Stadsretreat II | NG Lynnwood


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.